Thursday, November 19, 2009

Dit is lekker by die see!

Ons is ook gereelde besoekers by SurfSpray langs die Suidkus van KwaZulu Natal. Dis eintlik ‘n ongewone plek want dis sommer op die strand maar selfs in ‘n pragtige natuurlike ‘oerwoud’ waar die kinders veilig is en heerlik kan baljaar!
My klein seuntijie is mal oor die plek en kerm heeltyd ‘ kom ons gaan see toe’! Hy geniet dit so om in die ‘skip-bed’ (dubble-bunk) te slaap en vroeg-vroeg is hy buite op die stoep om sy vis-stok en sak te pak!
Cottage Barry, waar ons altyd bly, is vir hom die wonderlikste plek in die wereld want ons eet altyd buite op die stoep terwyl hy met sy verkykers na die see sit en kyk om te sien of hy die dolfynne kan dophou en die skepe kan sien verby seil.
Ja, ons was ook al by Pannevis in Port Edward, maar ons verkies eintlik Pearl Fisheries in Ramsgate se ‘Hoofstraat’ - hulle vis is nou regtig uit die boonste rakke! Lekker vars, vars, vars!
Ons was voor-verlede jaar daar gedurende die ‘Sardine Run’, en dit was nou regtig ‘n opwindende ervaring! Dis iets wat ‘n mens nooit vergeet nie.
Viva SurfSpray! Viva Cottage Barry!

Alta van Rensburg.
Gauteng.

1 comment: